Liewe Soli
Liewe Soli
Deur Ryno du Plessis
Stilte kruip in soos die mis oor Tafelberg.
Die man wat so goed kon terg en almal laat skater wanneer ons lirieke raai.
Trotse man van die Kaap, die lewe het jou kom raap.
Tog leef jy voort hier in ons harte.
“HOE MAAK MENS?” Só maak mens— was ’n laaste wens om net weer te kon hoor.
Rus sag, kind van die Kaap, hier sal ons jou onthou tot die kraaie gaap.
Met liefde opgedra aan ’n legende:Soli Philander
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.