Lorelei-Skyn
Lorelei-skyn
Ek het kom troos soek
hier op die ou strandbankie
en getuur oor jou weidse
deinende blou einders maar
jou aanrollende branders bring
vir my geen troosboodskap en ek
besef jou aanlokkende eb en vloed
wink en trek jou die strominge in om
te verdrink jy is ‘n alien op sy strand
en die Lorelei skoonheid is blote skyn
as stormsee jou gulsig sluk en die koue
donker dieptes omskep in een groot
waterbegraafplaas in sy bodemkelders
met geen grafsteen van wie lê waar
maar my geliefde het ‘n seker plek
waar ‘n briessie die grafsteen streel
en tortels rustig koer in die koel
skaduryke ou akkerboom – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
-

Palet
Hou hiervan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Pragtig, baie pragtig! Jy beskryf die gevoel baie goed.