Jongste aktiwiteit:

Midlifecrisis Naweekmeisie

In jou midlifecrisis is ek jou vrou,
net jou naweekmeisie waar jy skuil
teen my lyf kom lê en alles vra
totdat jy weer na ‘n kamer teruggaan
sonder verantwoordelikheid
sonder om my gevoelens
in ag te neem.

Elke naweek is ek vol hoop
dat jy uiteindelik jou sinne herwin
en terugkom het na ons huis
waar jy jou rol as eggenoot aanvaar.

Elke sondag versplinter ek soos glas
as jy ewe nonchalant weer oppak
met ‘n vlugtige soentjie wegry
omdat jy tyd en ruimte nodig het
om kamma geluk te vind.

Die dag breek rondom my
my trane rol onverpoos
terwyl jy rustig, langs my slaap
en my verstand oortyd werk,
‘n balanstaat opstel, bates en laste
van my verhouding met jou.

As jy maar weet waar jy so vreedsaam slaap
dat ek stadig maar seker
afskeid neem van jou
besef die tyd het gekom
om ‘n lewe sonder jou te bou.

As jy maar weet…
As ek dit net kon glo…

*** Dank Vader dis verby en ons is weer bymekaar en werk aan ons huwelik! Ek deel dit hier omdat ek dit nog met niemand anders gedeel het nie. Dit was net te seer! ***




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed