Mumtaz Mahal
My verkose Beminde,
jou hare het die maan se glans gesteel,
jou oë is gebore uit stergrafiet,
in jou asem dwaal die appelboord se geur
en die granaat se rooi-ryp-pit
het jou lippe
karmosyn ingekleur.
Jou nek is ‘n addolossente swaan,
jou kop: so trots en fier omhoog
en in jou boesem se warmsag,
val, soos ñ kind in soog,
my oë toe as ek in jou liefde versmag.
Jou nawel is ‘n ronde kommetjie
met die glinster van bergkristal omkring,
en in die ritme van jou soepellyf
word jy een met my hart se trommetjie
waarop jou lag dansend bokspring.
Verkose Kroon van die paleis,
my, in sy-gewade vorstin,
as etos van ons lewensreis
gaan, my Mumtaz-Mahal,
as laaste liefdesbewys, jou Jahan, jou shah
net hier op die walle
van jou geliefde Yamuna-rivier,
(o die pyn),
ñ marmer-wit-praalgraf
vir jou bou.
©Elizabeth Greef
5 Kommentare
-
Anze
Briljant soos net jy kan!!!
-
Kiekies
Uitstaande, uitmuntend, uitstekend, uithaler werk!
-
Koekekranka
Laat my altans dink aan Hooglied. Pragtige werk!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Sjoe hoendervleis mooi