Die dae hier, is vanielje …..
Die dae hier, is vanielje,
bloeiselboontjie-geurig-ryk,
maar ek mis,
(soos met ons eerste seun se geboorte),
die teerhied in jou oog se kyk
na my borste se soogvolswel
toe in volsirkelliefde,
‘n druppel daaruit
opwel.
Ja, die dae hier, is vanielje,
soos sampanje
hou ek elke sekonde op ys,
die skemer se purper-oranje
en die voëls se nesmaak-
prys.
Hoor ek soms nog jou stem
onder die diamantnaaldjie van my hart,
(Lara’s song wat bly draai en draai),
leef daar, my Lief, van alle pyn ontbloot
tog iewers, ‘n nuwe
hoop.
Die dae hier, is vanielje,
‘n koele lafenis vir my drooglê-keel,
pluk ek, (vir jou satyngeborduurde lapel),
papawers sinjaalrooi en eiergeel,
vir, as in weer ontmoet vanuit die hemel,
ons die ou tentopslaan-aarde
se verskietende sterre
tel.
Die dae hier, is vanielje…….
©Elizabeth Greef
9 Kommentare
-
-
Anze
wow... hierdie gedig is uit die boonste rakke!!! PUIK!!!
-
Kiekies
Dit is fabulooslik pragtig! Hart-raak siel-kramp!
-
Koekekranka
My alla goeiste, wat 'n heerlikheid om te lees en te geniet. 'n Pragtige verwoording na 'n volmaakte weersiens!
-
Viooltjie
'n lieflike gedig Elizabeth. Welgedaan!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Elizabeth hierdie werk verdien beslis n diamant