
My Ghitaar
My Ghitaar
My ghitaar
het lank slapsnare klankloos
verlate en stom in die hoekie gestaan—
Vlugge grepe en dartelende vingers het
lanklaas sy snare getokkel en gestreel,
maar ek het hom nou gestem en die
snare styf gespan want ek wil vanaand
vir jou soos ek lankal wou ‘n hartsliedjie
sing soos ‘n minnesanger van ouds,
‘n serenade van liefde en verlange
geskrywe net vir jou, want jy sal my woorde
se eenvoud verstaan as ek my hart ontbloot
en met ryk sonore snarespel fluweelsag
my hart aan jou verpand—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Ek vind hierdie werkie van jou nie net aangrypend en romanties nie, maar ook netjies in sy geheel. Baie dankie vir jou deel.