Jongste aktiwiteit:

‘n Ellips soos ‘n deurstopper.

Onderwyl ek besig is met die finale afronding van die gedenkbundel val daar ‘n spaander in die wiele, en moet ek (het nie ‘n keuse nie, die woordgode dwing my) ‘n wyle halt roep en ‘n rubberige saak aanroer. Soos die titel aandui sinspeel ek op die altyd-onnodige-oorbodige ellips wat so maklik aangewend word as ‘n deurstop.

My liewe poeët en prosaïs: die gebruik van die ellips in skryfkuns is nie ‘n vorm van plakpapier om jou werk te tooi sodat die kuiergas verder beïndruk behoort te wees nie. Daar is behoorlike reëls en gebruike daarvoor en MOET aldeur funksioneel wees.

As deel van die inhoud word dit gebruik om óf tydsverloop óf grasie vir oordenking te bied. In prosa, tydens dialoog word die ellips aangewend om ‘n onvoltooide sin (in die rede val) aan te dui. Dit is vir my selfs belangriker om die gebruik van die ellips aan die einde van ‘n skryfsel aan te spreek.
Indien dit gebruik word beteken dit dat die skrywer die interpretasie daarvan ooplaat sodat die leser sy/haar eie afleiding/gevolg/uitkoms kan verbeeld. Indien jy dus jou stelling gemaak het behoort dit ‘n geslote gedagte te wees en mag jy NIE die ellips gebruik nie.

Let asseblief op hierna. Dieselfde geld ook vir die gebruik van aandagstrepe (kort of lank). Die het ‘n funksie en kan nie lukraak en na willekeur gebruik word nie. Veral nie meer as een op ‘n gegewe sinlyn nie. Die ellips is altyd ook NET drie […] kolletjies. Daar is ongelooflike vryheid in poësie en prosa maar vir enige skrywer wat ernstig opgeneem wil word moet basiese skryfreëls gerespekteer word.

Stuur gerus vir my ‘n privaat boodskap indien enige spelreël of skryf-kriteria vir jou onduidelik is. Indien ek nie die antwoord dadelik ken nie sal ek gebruik maak van die honderde bronne tot my beskikking om te help sover dit nodig en moontlik is.

Groete eers.
Jou moderator




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed