NAAIN-ELEWWEN
NAAIN-ELEWWEN
Duitsland het ook sy naain-elewwen!
Ja, nie net eenmaal nie , maar tweekeer. Twee naain-elewwens!
Altwee op dieselfde dag, die neënde elfde.
Die eerste, die treurige is die dag van die brandende sinagogas. Op die neënde November 1938 het die Nasionaal-Sosialiste oral in Duitsland so te sê eindelik rêrig „oorlog teen die Jode” verklaar, met wetgewing wat bedoel was om die jode uit te roei. Dit wa die „Pogrammnacht” en duisende partylede het dit as uitnodiging gesien om die sinagogas aan te steek. Daarna het dit vir die Jode alhoe slegter gegaan.
Die tweede was die neënde November 1989, dertig jaar gelede: „Die val van die muur.” In Oos-Berlyn het ‘n hoë partylid aanskynend ‘n bevel vals verstaan en op die radio vals voorgelees sodat miljoene mense oral in die DDR die grensoorgange gestorm het „net om gou te kyk hoe die oorkant lyk.” Die meeste wou werklik nie vlug nie en het op die volgende dag teruggekeer. Maar die politiek het sy eie weg gegaan, ja, ‘n volkome nuwe weg ingeslaan en die „onregstaat” is toe opgelos en in die Bondsrepobliek orpgeneem.
By die groot feestelikhede met reusagtig opgeboude verhoë in die hoofstad is gedans en gelag en gevier. Maar die feesredenaars het hulle tekste kort gehou om nie té vervelerig te wees nie.
En nog ‘n Maar: midde-in die jolifikasie oor wat dertig jare gelede gebeur het, was ook ernstige woorde ten opsigte van dit wat een-en-tagtig jare terug plaasgevind het. Daar is gewaarsku „dat dit nie weer mag gebeur nie.”
‘n Eienaardige vermenging van vrolikwees en speel, wat lekker is, en ernste maanwoorde, wat bitter is.
‘n Denkwaardige dag.
November 2019___….ooOoo…___________tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Ekskuus alweer, mense! Die nag van die brandende sinagogas was natuurlik die ,Pogromnacht' (pogromnag) nie soos ek dit geskryf het nie. GvT