Nag
Al sou ek gaan lê, my opkrul
in die sekelmaan se krom
omhelsing
Al sou die sterre
hul liggies verdof in stille
simpatie
Die uitspansel sy nagfluweel
versag tot iets só medelydend
dat dit my hart en siel aangryp
Kan niks jou terugbring, Pa
Hier waar spikkeltjie-ek opkyk
sien ek ‘n
bang-maak-troos-maak
naghemel bo my
Waar my
weerloos-woedende
PA!
E-g-g-o tot bo
net om daar iewers
te eindig in
‘n snik-sug…
pappa…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.