Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Soms
soos gisteraand
droom ek dat jy nie weg is nie
jy weet
weg is op die aarde nie
maar dat jy net kwaad is vir my
en ek mag nie met jou praat nie.
Dan kan ek nog sien
wat jou foto’s op whatsapp is.
Soms soos gisteraand
is jy steeds siek
en wil jy net nie hê ek moet weet
dat jy vir my gejok het nie
jy weet
oor die tellings in jou bloed
en al daai goed.
Soms
soos vanoggend wonder ek steeds
of dit nie eintlik beter sou wees nie.
Want die wêreld is leeg sonder jou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.