nog die held
nog die held
vat my sleutel
ontsluit jou verbeelding
‘n wêreld vol wonders
‘n wêreld sonder grense
vol lewensleslag
en meerminwense
al die prinsesse is jy
elke goue koningskroon
behoort aan my
liefde voer ewig heerskappy
in swarthaaraande
met groenoogtrane
afgedroog in ‘n
toemaar-toemaar-drukkie
styf vas
jy sal my sonstraalprinses bly
en ‘n goudgeel koningskroon vir my
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.