Jongste aktiwiteit:

God is

God is

 

ek het vir God gevra

wat buite ons heelal is

Hy het geantwoord

dat dit Hy is

ek het gevra

wat buite Hom is

Sy antwoord was

dat daar buite Hom

niks is

 

ek het nie verstaan wat niks is nie

en wou weet

is niks iets wat nooit was nie

Hy het verduidelik

in niks is daar nie ‘n kans

om te kon wees nie

ek het gedink

dis om dood te wees

God het herinner

dood kan nie sonder lewe wees nie

en in niks is daar nie ‘n kans

om te kon wees nie

toe verstaan ek

niks is waar alles nie is nie

 

Sy antwoord was

dat daar buite Hom niks is

om te verstaan wat niks is

is om te besef

dat daar niks sonder

God is

 

©VonVillon




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed