
Nooit Weer
Nooit Weer
Die stormseegolwe in jou gemoed
is uitgewoed en het bedaar en
die hart se onstuimige donderslae
is herstel tot sy kalm ritmiese klop,
want jy het vrede gemaak dat die
verhouding verby is en merk ‘n wit
vredesduif uitgelaat sweef verby
in die blou pupillehemel en kondig
die einde van jou droewige hartseer
tranereën aan met die belofte en
getuienis van al sewe reënboogkleure
as kworum so ‘n hartbrekery en
tranereën vir jou is verby,
nooit weer!
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.