Jongste aktiwiteit:

Onder ons voete (Goud)

In skeure van grond lê stories verborge,
van voete wat teen klip hul roete gesoek het,
van saad wat gesaai is in die regte tyd,
en reën wat met sagte hande kom troos bied.

Ek tel ’n klont op, swaar van gebeure,
’n stukkie aarde, afgerond deur eeue.

Klei koester boomwortels soos ’n ouer se arm,
stof waai en swaai in stilte, ewig in kring,
berge rus stil onder die blou hemelkombers,
en dra ons drome van verlede sonder om te kla.

Waar ons trap, trap ons op lewe en dood,
en tog dra die aarde ons – nie ons vir haar nie.

©MarleneErasmus
29/04/2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak