
ons uurglas (BRONS)
ons uurglas
jou hande is die padkaart
van my lewensreis hier
toegevou in jou tere aanraking
ego jy die doel van my bestaan
jou palms ʼn pasaangeër
wat sagkens emosies kom wek
en my hartklop in ritmiese maat
klop-klop op koers heelhou
geluk die sand in die uurglas in jou hand
wat stil syfer deur die gleufies
van ons lewe se lugkastele
geredigeer tot tydlose perfeksie …
©Marlene Erasmus
22/09/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek