ONTREDDERD
ONTREDDERD
Ek sien jou staan:
Ontredderd, naak.
Jy laat my sien
die felheid van jou pyn.
Versigtig
raak ek aan die wond.
Jy krimp ineen –
en ek onttrek my weer.
Maar jy kom terug.
Ja, weer en weer
behandel ons die wond.
Genesing bly net uit –
die pyn vergroot.
Die mes sny diep;
die sweer is oop.
Dit drup en drup –
jy wil beswyk.
Die Here tel jou op.
My hande word sý hande,
en my stem sý stem.
My deernis word sý omgee
– ook vir jou.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig!