Jongste aktiwiteit:

SEER VAN VERLANGE…

Verlang ek weer na jou –
word dit die storie van my lewe.
Die mense wat seergemaak is –
wonder ek hoeveel het my vergewe.
Het ek dit bedoel,
as ek net met die wêreld wou deel hoe ek oor jou voel?

Sien ek weer jou mooi glimlag voor my oë,
ja in my gedagtes en herrineringe leef jy voort.
Voel ek weer hoe die trane begin vloei,
jy is altyd aan my hart vas geboei.
Vra jy jouself ook of jy nog in ons liefde glo,
of vat ek dinge nou heeltemal oorboort.

Word die verlange elke sekonde meer,
weet ek jy sou dit met alles in jou wou keer.
Want op jou omgee hart het ek verlief geraak,
sien ek ook weer in my gedagtes die seer in jou oë,
hunker my hart na al ons goeie tye saam,
hoe kan ek nie nog in ons glo,
mis ek jou so baie dat alles binne my vergaan.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou

17H07nm 2016/08/12..




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed