23. Die geestelike gedig
23. Die geestelike gedig In die geestelike gedig word die godsdienstige ervarings en gevoelens van mense uitgespreek. Vanaf die middel eeue is daar gedigte met ‘n sterk epiese element, waarin ‘n episode uit die lewe van Jesus of Sy moeder verhaal word. Veral in middeleeuse gedigte is daar naïewe bekoring met die menslike besonderhede van […]
22. Die Bruilofslied
22. Die Bruilofslied In die versamelde gedigte van A.E. Housman het ek op ‘n “Epithalamium” of Bruilofslied gedig vorm afgekom wat bestaan uit vyf stansas in paarrym (bv. aabbccddee/) met agt, ses, agt, ses en sestien versreëls. Sy gedig is getiteld “XXIV Epithalamium” en het in sy bundel “Last poems” verskyn. Sappho se Epithalamium is […]
21. Die hiperbool
21. Die hiperbool Die HAT definieer hiperbool as “’n Buitensporige oordrywing as uiting van hewige gevoel of om ‘n sterk indruk te maak soos byvoorbeeld ek het my morsdood gesukkel.” In spraak gebruik ‘n hiperbool opsetlike oordrywing om iets te benadruk. Die doelwit van ‘n hiperbool is om te benadruk om iets meer dramaties of […]
20. Die sage
20. Die sage Die betekenis van die woord sage is eintlik om te sê en kom van die Duitse woord “sagen” en gaan dus oor ‘n verhaal wat vertel word, soos in die meeste epiese tipe genres. ‘n Sage handel oor ‘n bepaalde persoon of plek in die geskiedenis en die meeste sages is oorgedra […]
19. Die guzzle / ghazal
19. Die guzzle / ghazal In hierdie tradisionele persiese vorm was die ghazal oorspronklik geskryf as tot vyftien gestruktureerde rymende koeplette met ‘n woord, woorde of ‘n kort sin wat soos ‘n refrein aan die einde van elkeen herhaal. Mens is beperk tot ses en dertig lettergrepe per koeplet. Hiervan is die gedigte van die […]
18. Die lied
18. Die lied Die oudste, spontaanste en eenvoudigste vorm van liriek is die lied. Die lied is gewoonlik ‘n eenvoudige gedig waar die stemming van ‘n oomblik soos die verrukking in ‘n oomblik, die skoonheid van die natuur, of van sy geliefde, of smart, verlies of afskeid in woorde uitgespreek word. Die liriese gedig was […]
17. Liefdes gedigte
17. Liefdes gedigte So lank as wat die mens van liefde bewus was, was daar ‘n behoefte om daardie liefde in woorde uit te druk, om die skoonheid van liefde te besing, of verrukking of smart wat daarmee gepaard gaan uit te spreek. Gedurende alle eeue kom minneliedere voor. Daar is kontemporêre Afrikaanse kritici en […]
16. Die sestina
16. Die sestina Die sestina is ‘n rymende of ongerymde vers vorm (was aanvanklik net rymend) met ses stansas, van ses lyne elke en ‘n finale triplet, almal met dieselfde ses woorde op lyn eindes in ses verskillende volgordes. Die finale triplet sluit egter ook al ses die woorde weer in en die volgordes van […]
15. Parodie
15. Parodie Die HAT definieer parodie as “ die belaglik makende nabootsing; grappige omwerking van ‘n ernstige stuk.” ‘n Parodie kan gesien word as ‘n nabootsing van ‘n gedig of prosa stuk met ‘n duidelike doel om ‘n grap van die oorspronklike te maak. ‘n Parodie kan ook wees as satire die vorm neem van […]
14. Die limeriek
14. Die limeriek Die limeriek digvorm het omtrent 1700 in Limerick in Ierland ontstaan onder soldate en dryf spot op ‘n speelse manier. Dit is eintlik ‘n tipe grap, wat soms ook groot wysheid bevat en bestaan uit vyf versreëls met die rymskema aabba wat ‘n metriese ritme maak. Baie limerieke maak ook van sogenaamde […]