Jongste aktiwiteit:

OU KINDERDAE

OU KINDERDAE

Dit is nou vir jou gewis
wanneer die kat weg is
is die muis mos die baas
jongklomp is die baas op die plaas

hulle gaan saam in die sand byt
om die kat in die donker te knyp
in die geheim stoutighede aanvang
die ou buurman is hulle nie voor bang

die jonges het van jolyt gehou
onthou ek die lekker lag in die mou
bymekaar die planne gemaak tot baie laat
niemand gaan die aap uit die mou laat

in die straat hoor jy jonges lag lag skaterlag
hulle het skielik baie stil geraak so sagter sag
in daai jare speel ons tok tokkie en hardloop weg
klop tok tok aan die voordeur en kruipweg

ek onthou alles gebeur in die doodloopstraat
hardloop vir die bloupote weg in die deurgangsstraat
blouligte blom orals van onskuldige kattekwaad
so bang soos ‘n bok vir ‘n haelskoot se kwaad

© Eleen van Deventer Vorster
26/01/2019

*wanneer die kat weg is – is die muis mos die baas
*hulle gaan saam in die sand byt
*om die kat in die donker te knyp
*die lekker lag in die mou
*die aap uit die mou laat
*so bang soos ‘n bok vir ‘n haelskoot




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed