BETTIESBAAI BRAND
BETTIESBAAI BRAND
Brande kom nou inderhaas
magtige wind wat die vure blaas
rmanne slaan vlamme op die plaas
so staan ek verslae en verbaas
verpletter is my emosies
my gesig het my verlaat
soos ‘n wyse baas
wat nie meer kan praat
‘n dooie liggaam is veras
proe my neus die vebrande as
lê swartbrande donker en koud
dit was my eie klein stukkie goud
dit saai verwoesting in my gemoed
ek moet my plaas vir altyd groet
dit raak my siel en verstand
my hart is swart gebrand
daar is niks meer hoop
my menswees is gestroop
my lewe het weggekwyn
my plaashuis lê in puin
© Eleen van Deventer
27/01/2019
Neologisme: emosies
my gesig verlaat soos ‘n wyse wat nie kan praat
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.