Jongste aktiwiteit:

oujaar v- 2017

oujaar – 2017

as ‘n jaar
vergeefs vasklou aan die gisters
en die nou sy pad onverpoos vind,
die son as wyser
die aarde se baan belig,
dink ek terug soos aan ‘n kers
wat maar alleen
net my eie kamer verlig

hang portrette
van elke beeld uit elke seisoen,
namaaksels in goud en papier
as simbool van wat tydelik
of dalk ewig mag wees

voel ek soveel seëninge,
langs my pad ontvang
en sommiges iewers verloor,
asof God my Sy Dawid wou maak
en ek melodieus
op siter en harp kan speel
@Anton Kilian




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak