persona non grata Silwer
Ek is enkeling,
uitgestoot –
velore – verdwaal
iewers tussen nêrens en niks,
naamloos
in ‘n wêreld
vol haat.
Diep en donker
weggesink –
val daar ‘n enkele blaar
op ‘n houtkis,
geen blom
geen traan,
ek is –
persona non grata
in ‘n wêreld vol pyn.
Ek
is
vry.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek