Jongste aktiwiteit:

Projek 2 – Herfs

Herfs

Herfs leen homself tot amber, bruin, geel en menigte skakerings van ander kleure.  Dit is ook die inleiding tot die rus van Winter waar die aarde weer asemskep.  Herfs kan ook herinner aan periodes in ons verhoudings met mekaar, ons geliefde en die aarde.

Hierdie projek stel aan jou die uitdaging om hieroor te skryf.  U kan deelneem in enige van die afdelings, maar elke inskrywing MOET die woorde: ‘Amber rus ons liefde, in afwagtiging dat dit wéér ontspring…’ insluit.  U kan self besluit waar dit in u werk gebruik word.  Dit mag NIE u titel wees nie, maar kan daarmee begin, of eindig of doodgewoon deel uit maak van die inhoud van u skrywe.

Projek sluit 24:00 op 29 Maart 2016.

Baie sterkte, en laat u verbeelding vrye teuels geniet.

Projek Moderator
‘Skryf in Afrikaans…dit maak soveel sin’




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed