Saam met jou
Saam met jou
kan ek maar my vuil voete op die bank sit
of ek kan styf teen jou sit en my kop op jou bors rus
todat ek aan die slaap raak.
Saam met jou
kan ek my vingers aflek
terwyl ek gesmelte roomys op ‘n warm dag eet.
Saam met jou
kan ek my gunsteling geskeurde jeans aantrek
want saam met jou hoef ek nie voor te gee nie.
Jy ken my deur en deur
jy weet wie ek is
jy ken al my giere en geite.
Saam met jou
kan ek lag tot ek nie meer kan nie
en ek kan huil totdat jy my in jou
sterk arms toe vou.
Saam met jou
wil ek vir altyd wees
want ek het jou oneindig baie lief …
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.