
Boeke
boeke is my lewe
vir niemand sal ek bewe
want my geliefde boek
is God se woord
en my woordeboek
daarmee gaan ek akkoord
in my sewende hemel
sal ek wees van geluk
terwyl woorde in my wemel
is ek nooit nie bedruk
hoogtes het ek al bereik
in kennis geen gebrek
in hoogmoed sal ek nooit pryk
want alles kom tot God se bestek
veelkleurig kan ons woorde skilder
want niks laat ons verhinder
kan ek stories neerpen en gedig
sonder dat jy my hoef in te lig
die lekker daarvan gaan niemand raai
want so is dit my lewe lank gesaai
in hart en siel ingeëts
deur ons Vader van Bo
Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.