Jongste aktiwiteit:

Sal jy my onthou?

As ek eendag,
hierdie wêreld moet verlaat.
Sal jy my onthou?
My nog in jou hart hoor praat,
sal jy onthou van al die lag?

Herrineringe saam met jou,
daarvan sal jy baie onthou.
Gaan jy aanbeweeg en na nuwe liefde soek?
Of net treur, ons herrineringe skryf in ‘n boek?

Sal jy my onthou,
as ek saam met Vader se engele in die hemel wandel?
Tog sal ek altyd naby aan jou wees,
dalk nie in vlees, maar wel in gees,
want maak nie saak wat gebeur,
onthou ek bly altyd lief vir jou.

As ek dan nie meer saam jou die lewe deel,
dan wil ek tog hê, jy moet gelukkig wees, weer liefde vind!
Want maak nie saak wie my plek vat,
my hart en jou hart,
bly vir altyd aan mekaar vasgebind.
Sal jy my onthou?
Want ek bly altyd lief vir jou!

Digter – Timothy De Vos Botha

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
2016/04/30 11H43vm




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed