Jongste aktiwiteit:

Sintuig Land

eerste werêld ontwikkelings
verdwyn teen savanna ruimtes
die grasveld omvou ons,
bring vêr horisonne nader
vir mahala

alle velle voel
die winter windjie
somerson harde klappe,
seisoene dirigeer ons armhare
vir vry

proe die kos en wyn
afval tot connoiseur
wit gedek in plastiek borde,
rof en chic
vir pasella

ruik die reën op droë veld
die rook was weg
so ook oujaarstof,
lewenslus en varslug
vir present

hoor die blaf van
wildsbok, motorfiets
en die laat aandstiltes,
wat slegtenuus ore uitspoel
vir perjoema

dit alles is
in Afrika saamgevat
ons is lief
ons is saam
vry in Afrika




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed