Jongste aktiwiteit:

Skuinskyk

binne hang kunswerke optimal gespasieer
individueel tot die maksimaal verlig
kurator is geklee in haute couture
goedkoop wyn vloei vry
die volgende stap
verkope

buite waai die wind
om kunsmuseum hoeke
trappe styg en val na uitkyk punte
veraf druin die dowwe stadsverkeer
binne wandel ń kunstenaar
alleen

tradisioneel in vrot geel
met die beste rooi skoene
die is kenners kunstig ingeklee
tussen werke deins hul heen weer
knorrig oor die slegte kuns
en die wyn

buite jaag die verkeer
gewillig na kitskosverkooppunte
binne akademiese kliniese deelname
van onwillige nie kopers
die kunstenaar bly wandel
in vertwyfeling




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed