Jongste aktiwiteit:

Sluiers van donkerheid

Ploffend op die plankvloer
waar kamers aan weerskante oopvou
is die stilte relatief
stil tussen my en jou

Buite borrel ‘n fontuin
dit klink vrolik
die namiddag’son rinkink
tussen die waterdruppels se blink

In die warrelwind se droom
bol wolke in die oranje lug
sluiers van donkerheid dans voor die maan
en die steungeluide van die plankvloer,
eggo in my leë binneste




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed