Stil soos reën
Die wolke gly in kleur
oor die stille vlies
van my somerson verby
Loop ek deur ‘n woud
waar gister se drome
in die vaal van my onthou
soos spoke rond’dwaal
Maar die woud is stom…
stom soos ‘n klip versteen
al wat mens hoor
is die drup-drup
van reӫn
8 Kommentare
-
-
neels
ek stem saam met Borrels treffende slot
-
FUNNYFACE
Dis n baie mooi gedig.
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Ek hou baie van hierdie een ... veral die slot