Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wie sou? …

Deur Desiréé
Datum gepubliseer: 26 Oktober 2016 Aantal woorde: 90 809 Kere gelees 10

wie sou jou hand kon vashou
en prentjies daarin skryf
as dit ysig koud is
hitte soek teen jou warm lyf

wie sou vir ‘n drukkie vra
elke minuut van die dag
woorde van liefde met jou praat
al is dit laat in die nag

wie sou hul arms om jou sit
om jou baie styf vas te hou
wie sou saggies aan jou vat
hul hand om jou gesig vou

wie sou in jou oë kyk
sonder sluiers wat bedek
wie sou jou ooit kon liefhê
… soos ek …

© borrels




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Viooltjie

    26 Oktober 2016

    Baie mooi, Borrels. ‘n teer liefdesgedig 🙂

  2. neels

    26 Oktober 2016

    Borrels jy oortref jouself met hierdie pragwerk

  3. FUNNYFACE

    27 Oktober 2016

    Dis n pragstuk,my gunsteling.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 50
Kommentaar telling: 156

daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 133 gaste aanlyn

Bydraes – Argief