Jongste aktiwiteit:

Skugter Liefde

Skugter Liefde

Ek dink aan jou die hele dag
want ek bewonder jou so lank al
maar jy weet dit nie want
ek sê dit nie ek is maar skamerig—
Jy is enig en spesiaal vir my en ek
hou so baie van jou so lank al
maar jy weet dit nog nie want
ek sê dit nie ek het nog nie die moed nie—
Daar is niemand mooier en liefdevoller
by wie ek graagter wil wees vir ‘n ou
drukkie en soentjie as by jou nie
maar jy weet dit nog nie want
ek sê dit nie nou wonder ek, is
dit alles tekens van liefde?
Diagnoseer ek die simptome reg
is jy my eerste liefde, jy weet dit nog nie
maar vanaand skraap ek al my moed bymekaar
en gaan dit vir jou sê en my liefde verklaar as
ek in jou oë kyk en vir jou sê my droomnooi
ek het jou lief,
so baie lief,
so innig lief,
net dit—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed