MADELINE
n Dogtertjie,klein en fyn,
het een aand,spoorloos uit Portugal verdwyn.
In hul vakansie huis,
was sy en die tweeling alleen tuis.
Wie het haar daardie aand gesteel,
wie het haar verdwyning gereel?
Wat het van Maddie geword?
Daar is soveel stukke van die legkaart kort.
O’kleine Madelein,
sien jy die son nog skyn?
Weet jy dat almal na jou soek,
dat stemme van verlange na jou roep.
Die hele wereld hou die soektog na jou dop,
tog is daar so baie dinge wat nie klop.
Waar is jy meisie met die oe so grou,
die hele wereld verlang na jou.
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
diep roerende gedig