Jongste aktiwiteit:

Tammeletjie

grynslag seisoenveranderings
aardbewings uitgestrek oor die aarde
dowwe brullende weersomstandighede
vervloek is die aarde deur ongure toestande

tawwe tammaletjie waaraan ons peusel

soos vuurspuwende lawa
die aardkors deurwelk
vertrap versplinter verniel
die heilsaamheid tot nuut

taaie tammeletjie uitgerekte spul

moordadig uitgesproke wesens
uitgemergelde sienings
weerspreekte gebeure
verpletterd in flarde

dure tammaletjie lesse

kuisheid gestroop in bloedbaddens
verwronge gevalle sprei sy takke
van geslag tot addergeslag
ń wêreld verskeur onder die sondelas

hoe lank nog kou aan die tammeletjie

vermy nie die Allerhoogste
sprei die vlerke wyd en syd
samel in die kennis van wysheid
vir genadiglike hulp van Bo

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed