Moeilike Maan
Moeilike Maan Ek kyk af na die monsters vergader in die binnehof. Dit was makliker om hier op die balkon te staan. Dit verseker dat hulle onthou dat hulle altyd moet opkyk om my te sien. ‘Wesens van die Nag, ons werk is vir ons uitgesny. Die planeet is besig om dood te gaan. Mense […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Wese van Onrus
Daphne sien hoe die prinses haar gesig trek toe sy haar sien. Sy weet dat die prinses nie van die Beskermer-uitrusting hou nie, maar Daphne het geen keuse oor wat sy dra nie: alle Beskermers dra die gepantserde leer broeke, baadjies, stewels en mantels. En sy moet erken dat sy veilig daarin voel. Dit is […]
Tussen my en jou
Daar het ‘n straal gekraak toe die son opkom en ek hom deur die glinster van jou oog wou vang hy lê nou op die grond besig om donker te word sy splinters skyn soos glas deur die gleufies van wat ons eenmaal was toe ek my hand uitsteek en saggies aan hom raak, het […]
N LEWENDE SPIKKELTJIE
‘N LEWENDE SPIKKELTJIE ‘n kosbare lewende spikkeltjie net so klein soos ‘n mostert saadjie met gemeenskap vorm die spermsel bevrugting vind plaas in die eiersel swangerskap vorm ‘n klein embrio baarmoeder se golwe klink soos ‘n trio moeder ontdek die wonder van haar fetus swanderskap word jy bewus van die akardiakus baba word gevoed deur […]
GOD SE SONDE TREIN KOM
GOD SE SONDE TREIN KOM God se sonde trein gaan kom by die afgrond gaan almal omkom tik tak word jou sondes opgesom verslae en verstom staan die mensdom kom God op die wit wolke kolom die Hemel gaan erg bewe en brom soos magtige strale wat op ons afkom val mense op die grond […]
Onder ‘n Onsterflike Maan
Lig glinster vanaf stukkende glas wat oor die veld gestrooi is. In die verte gil kiewiete vir vreemdelinge in hul gebied. Dit is die perfekte plek vir ‘n romantiese piekniek. Joan gaan sit op die blokkieskombers en sug gelukkig. Sy kan nie wag vir Mark om op te daag nie. In ‘n lang lyn van […]
Afrika Kreet
Donkerman, vandag het sy kleed om ons gevou soos ‘n maan wat verduisterd agter ‘n son baljaar tot die melkweg sy skitterblink laat straal en ons soos motte na die liggies staar, deur ‘n heelal vol klankende golwe – behalwe vir die kleingeestiges wat dink die Kaap is weer Hollands. Ja, wanneer môre se dou […]