Ek deel met jou
as dit nie vir papier was nie kon ek nie in diepte spreek nie ‘n pen is aan my gegee waar diepe gevoelens in ink vasgelê kan word die gawe oorspronklik uit my Vader se hand want ‘n roeping het Hy gebring wat aan voleinding geskied soos Sy wil dit deurgee so ek deel met […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]
briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
Ek deel met jou
as dit nie vir papier was nie kon ek nie in diepte spreek nie ‘n pen is aan my gegee waar diepe gevoelens in ink vasgelê kan word die gawe oorspronklik uit my Vader se hand want ‘n roeping het Hy gebring wat aan voleinding geskied soos Sy wil dit deurgee so ek deel met […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]
Splinternuwe jaar
Aan die begin van nog onvoltooide eindes kyk ek terug na die horison se skewe lyne tot waar die son, met sy strale my naam skrywe en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur. Want soms as mens nog ‘n kans kry kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim verf, eb en vloed oor onbekende […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Brief aan Chronos
Wat ‘n geleentheid toe jy geskied om jou eie voorkoms te kon kies en vorm in jou eie tyd …eie gebied man, bul en leeu in eenheid gesmee onvermydelikheid aan jou sy verkleef deur oeroue eier wat broei tot see, aarde en lug tyd en ewigheid is verbeeld in grys lokke van tyd Gaia om […]