Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
Ek vlug soms, lief
Ek vlieg soms oor ons land, my lief ‘n enkeling aan’t vlug van hierso tot ‘n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms aan’t blom […]
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker, maar sou ek jou afgesnyde oor om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry, waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen? Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef en my traanspatsels in blou kringe oor jou sonneblomme verf, of […]
Winter In ‘n E-Pos
Ek stuur vir jou die winter in ‘n e-pos daar’s geen aanhangsels by of selfs eers prentjies nie. Die lente klop reeds aan my voordeur, ek kliek op stuur en laat dit vry want jy is ver, daar in die suidland waar die son die heel jaar skyn en ek is hier, hier in die […]
Die laaste klip
Sjuut, bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op […]
Teenstryd
Daar was spore oor die witsand wat deur die duine loop weg van die branders weg van die see weg van die meeue en rotse ek het dit gevolg tot by ‘n treinspoorlyn; by ‘n verlate stasie – hier het ek gewag vir ‘n dag wat dalk nooit weer sal kom. © 2018 Caren Kearley […]
Bloedmaan en die blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordaguur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (langs die môrester wat flikkers gooi) en dat […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
Wanneer te veel, te min word
Al wat ek het gee ek nou net vir jou plak dit teen my roep verby die horison waar my hart skuil – want in hierdie siels-stiltes vang ek uurtjies vol vreugde met elke klank van jou gedagtes wat warrel om my hart se hoeke. Om onvolmaakte tjank geluide in groen gras te groei – […]