Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
MEI MAAND PROJEK: UITSLAE EN KOMMENTAAR
Mei Projek Uitslae en kommentaar Algemene nota: Dit blyk asof ‘n paar deelnemers nie die opdrag verstaan het nie. In hierdie gevalle het ek nie die verse gekrit nie maar net daarop gedui dat daar afgewyk is van die opdrag. Ek sou graag wil hoor van diegene wat dalk misverstaan het of my opdrag misleidend […]
Naelstringtaal
Vanaand sit ek mensalleen terwyl my gedagtes herinneringe baar moederliefde is ‘n kosbare ding wat my hart in tale laat sing. Waar is die dae toe ek nog knus op haar skoot, my kon verluister hoe Wolf vir Rooikappie fluister: “Vat jy hierdie kortpad en ek die lange, dan kyk ons wie is eerste daar.” […]
APRIL PROJEK: Kommentare en uitslae
INK APRIL PROJEK: KOMMENTAAR EN UITSLAE: GEDIGTE: GOUD: Wenner: No. 9 (74%) – Carma Shaw met Vrydag 2de Plek: No. 12 (61%) – Carma Shaw met Oordenkingstyd 3de Plek: No. 1 (60%) – Anzè Bezuidenhout met Via Dolorosa van die Boabab SILWER: Wenner: No. 13 (60%) – Estelle Rubouw met Paasfees in Palistina BRONS: Wenner: No. 16 […]
Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Pasop wat jy oopmaak
Pasop wat jy oopmaak! deur Stephan Uys So ʼn paar aande gelede lê ek en rondrol in my bed. My oudste kry die volgende dag sy Matriek uitslae en slaap het net so spoorloos verdwyn soos my salaris elke maand doen. Die vrees dat ek dalk nog ʼn jaar gaan skoolfonds moet betaal vir die […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
MAART 2018 PROJEK: UITSLAE EN KOMMENTAAR
Maart Projek Kommentare en uitslae: Vanaf hierdie maand het ons besluit om die uitslae van die projekte in hierdie formaat bekend te maak sodat almal wat hieraan deelneem ook sommer gelyktydig leersaam daarby kan baat. Soos voorheen genoem word elke vlak afsonderlik beoordeel wat daartoe lei dat jy slegs teen diegene kompeteer wat op dieselfde […]
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]