
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker,
maar sou ek jou afgesnyde oor
om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry,
waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen?
Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef
en my traanspatsels in blou kringe
oor jou sonneblomme verf,
of sou ek jou in my arms vou
om lig oor jou diepdonker te straal.
© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek