Fransmanshoek
Toe het God Fransmanshoek gemaak ‘n wegsteek plekkie uitgekaart hier het Sy vingers stil geraak vertoef Hy ‘n bietjie langer kap Hy ‘n rotspunt uit wat verswelg in die see my stukkie hemel op aarde waar ek weer klein kan voel omring deur ‘n woeste see weet ek dat God sandkorrels afmeet hier is ‘n […]
Herfsberusting
ek proe die heuning soelte sluk daaraan word vervul met ‘n geel-bruin-blou palet koperblare wat my naderwink ‘n stilte wat in my rus kom vind as skadu’s groei oor my sontapyt weet ek dit is tyd tyd vir berusting weg is die snikhete dae van woeker en verwyt… van vrae van smag na meer van […]
Vuurwerke
vuurwerke ontplof in my wese verf reënboog strepe oor my donkermaan van net bestaan U het my ‘n sandkorreltjie gevind U maak my ‘n koningskind vuurwerke pols in duisend vonke deur my wese ek wil ‘n nuwe lied sing met elke vesel in my lof en eer aan U bring U grootheid bely met my […]
God’s liefde
God se liefde is ewig Van geslag tot geslag het Hy ons lief gehad wat is die mens voor sy Maker niks in tyd en ewigheid ‘n nietige stoffie in die groot heelal dis al… God kyk na die mens met ’n vaderhart Hy het ons eerste liefgehad so lief dat Hy sy enigste seun […]
Woordeloos
Waar ons vanaand hier op die klam sand sit in woordelose verbasing staar na die maan wat die swart see met goue glimmers verlig Luister ons in stilte hoe die wind haar naglied oor en oor sing wyl ons toekyk hoe die see kieskeurig uitspoeg en weer vat wat sy wil. Soos branders ritmies heen […]
Gelouterde genade
gelouter deur ‘n helse vuur staan ek in U lig hier in my laaste uur soek ek U aangesig onverdiende genade sproeireën oor my deurdrenk my hele wese U genade maak my vry verdryf al my vrese in U skadu kan ek skuil
Vergifnis
geknak deur eie dade maar nie gebreek staan ek naak op my knieë smeek ek om vergifnis… 7×77 keer op Golgota breek die ewige lig vir my deur ek verstaan weet verseker U liefde is vir my genoeg genoeg onverdiend te veel! in my somer in my winter is daar hoop – wat nie beskaam […]
Lewensreis
As die einde van die pad kom draai die swerwer om kyk terug na die sirkels en die draaie van sy lewe se kronkelpaaie die dronk wees van jonk wees sy spore van aan foeter deur die lewe se geploeter wegsink in moeras van verwyte oor wat was die nugter van die lewe se stank […]
Ysterhout
deur die lewe se seer is die eie ek stuk vir stuk uit ysterhout gekap van niks tot iets nuttig en nuuts verby tydelikheid se verganklikheid het die Timmerman gekom my vas geanker aan Hom met die tou van ewigheid
Vaderhart
luister… deur al die eeue klink God se stem roep Sy vaderhart na my my kind waar is jy? ek sal opstaan en na my Vader gaan my oë dof my klere vol stof bring ek God die eer U het my alles gegee maar ek was blind wou nie sien het gevra vir meer […]