seer-mooi
my duin is byna verlate weskus winde waai hom skeef valies hou nie van windverwaaide lokke wit perdjies jaag oor ons baai se golwe mense braai maar uit die wind geniet nog die sonnige dae eerste helfte besoekers het vertrek en nou kom die ander om hul laste te kom afwas in die koel weskus […]
2020 deur my oog
net na eerstelig trek die son sulke ragfyn strale oor die diep blou hemeltrans met die eerste sonsopkoms van twintig twintig lê my duin stil en oral oor die land se kant weerklink die stilte uit wit huisies na ‘n nag van jolyt meeue oes ongestoord voort aan al wat eetbaar is wat in die […]
Sy dans (Silwer)
Die dekseltjie lig stadig, tergend en wys skelmpies, asemrowend, die tintelende geheimenis van waar die fynste engel-feëtjie skuil as sy weg van die wêreld is. Die plaatjies begin een-een pluk aan tandjies van die orreltjie en saam met die wyer oop neem Für Elise soos ‘n klokkie, kristalklank, sy oorbekende loop. Die kleinste, kleinste dansertjie […]
Danse macabre (Silwer)
Dans asof niemand sien nie? Dit maak snedig geen snars se skedelbeen saak nie. Of ek leef, of sweef, of plat op my ruggraat rus, uitgewerwel skeef in rigor mortis en uit wans – dit maak nul verskil nie, raak nie ‘n siel nie, traak jou niks. So, in triplikaat en dubbel ontken kan ek […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker, […]
DANS DANS MEISIE
(Brons. 1625 woorde) Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder gebed drink nie, maar sy sal […]
2020 Perspektief
📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar. 👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor […]
oujaarsdag
net een dag en die oujaar lê op sy blad elke media stuk reflekteer oor wat was hoogte punte – laagte punte en nog meer wat was, sal nooit terugkom sê meeste wat nog kom is dalk duister sê ander die wat leef sê: vandag is genoeg môre in die hand van hul Heer ©Teárlach
Dans asof niemand kyk nie.
DESEMBER 2019 PROJEK – DANS ASOF NIEMAND KYK NIE Rubriek Deur Marlene Erasmus ʼn Baie ou bekende gesegde lui so: “Dans asof niemand kyk nie, gee liefde asof jy nog nooit seergekry het nie en sing asof niemand jou hoor nie.” Ten laaste ook: “Leef asof dit hemel op aarde is …” Woorde wat so […]
laaste dans met pa
Jou silwergrys hare kinkel skewelyn om jou ore jou wingerstok vingers vou saggies om myne in ‘n laaste dans. Pappa; jou oë vind myne en saggies, amper onhoorbaar begin jy neurie. Ek is weer kleindogtertjie klein, my oë vasgevang in joune in ‘n “make believe” wals. Kleine voetjies op joune, rondomtalie ons, draai en swaai […]