Herfs (SILWER)
Herfs Laat die herfs jou dalk hartseer oor die koms van winterweer? Het die somer te gou verbygesnel vir jou? Wou jou hart steeds naarstigt’lik aan lenteprag klou? Raak stil en berus in die prag van die blare: in die kom en die gaan van seisoene en jare. Verand’ring en ylheid is slegs meetbaar, my […]
middeljaarskade (SILWER)
middeljaarskade my wissel- vallige wederhelf na jy soos blare vál en my takke traag’lik kaal laat staan poog ons tog deur die droog omhoog wetend waarin ons wortels vás geanker was ©ASvdM
nuwe lewe (SILVER)
nuwe lewe ongerepte sneeu op ʼn perfekte Wintersdag reinigende reën bring nuwe lewenskrag Lente geklee in nuwe bloeisels: nuwe lewe seisoene met vallende blare is vir ons gegewe helende Herfs getooi in oranje, goud en rooi vir ons is uitgelê die verloop van lewe – mooi Somer word geklee in sonskyn en vreugde so het […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind ongenadig aan my sielswand stroop ‘n laaste brosblaar uit my teer gemoed bemantel tekens misgekyk voor die laaste blaar se val laat my kaalgestroop hink voor ‘n nuwe seisoen wat wink ©Driekie Grobler
lewe (Silwer)
die moederboom se afsterwe tot in haar diepste jaarringe laat die natuur wesenloos-verslae… maar haar gevalle blare word deur die goeie aarde as lewe-gewende offer aanvaar
uitspring kêrels! (Brons)
die laatoes van kleur plof grof in wagtende stof ets iets van afskeur in die atmosfeer se skof sigbare vreugdegeur teen die kontras van koue lof skilderdoeke swanger met fleur as geleenthede degtig tof bemin die dansende blaar wat kartel dartel spartel een van die dae is alles klaar makeer die pas is al wat […]