steur
– ongestoord lê my duin vanoggend is daar skaars luggie wat beweeg daaroor net die rustige deining wat effense bries veroorsaak – onversteurd sweef my siel oor die baai se uitgestrektheid my gedagtes daarin vasgevang sonder steurnis van geluide slegs die see se dreuning klink soos sagte gebed – ©Teárlach
tekel
– jy is geweeg maar te lig bevind – my duin weerkaats van eeue oue woorde wat soveel hartseer bring verbeurde geleenthede wat skeure uitspoel uit die verlede – verkeerde keuses onsuksesvolle strewes maar uiteindelik tog daar al was die weg so swaar alles self moes oorbrug ervaar om te kon leer – soveel goeie […]
Die Bosveld in Afrikaans
wanneer die bosveld voor jou uitgestrek lê en die wolke krabbers saam pak beleef jy die grootheid van ons Vader se weë terwyl die druppels fyn sifreën op jou venster lê jou voertuig se wiele saggies neurie op die pad raak gedagtes diep en staan ons verleë want min sê ons dankie Heer om dit […]
oikos
uit openbare wildernis het my huis sy plek gevind op ‘n duin woorde hul oikos gevind waar risiko gulsig verslind die algoritme van my siel ©Teárlach (oikos verwys na huis of blyplek)
eer(lik)
– my duin draal oor eerbaar word jy eerbaar as jy eerlik is of is eerbaar karakter self – eerlik is nie selfbejammering dit is nie ‘n karikatuur van eer dit kan self opofferend wees – daar is nie grade van eerlik amper eerlik of meer eerlik geen afwyking van eerlik nie – eerlik is […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]
kan nie
– wow – aka “war of words” – ek weier om te aanvaar dat my volk, die boere nie kan saamstaan nie – disinformasie wil my gedagtes soontoe lei wil my laat vergeet – bring twee boere bymekaar dan kry jy spoedig twee kerke en dalk tien politieke partye – sulke gesegdes in ons moedertaal […]
My lewe, my liefde, my taal. (BRONS)
My lewe, my liefde, my taal. My eerste skree het ek gegee in Afrikaans. Ek is ontvang, gebore en verwelkom in die mooiste soete klank van my taal. Met my tuiskoms by ons skakelhuis met die blinkoog politoerstoep, is ek neergelê in my rottangwiegie. So met moedersmelk en Ouma-Meelbol pap is ek gevoed met wiegeliedjies […]