ruk op
– ruk op gees van die see soos rookwolke oor die duine soos reënwolke oor die see verswelg die aarde in reën laat almal jou soet proe – ruk op blitse van die hemel steek heuwels aan die brand soos vuurspuwende berge verbrand ongeregtigheid laat hul die hitte proe – ruk op gees van waarheid […]
Hunkering
(Cantena Rondo) In laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal in laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal kom sit hartsverlange sag in ‘n traan weef beelde van onthou onder wakende oog van maan verrys ‘n […]
Annus Horribilis
Annus Horribilis (Brons) grootoog gretig het ons jou ingewag oor twintig-twintig was ons verheug reeds vroeg in die jaar met kru krag het vrese stil-stil kom steel die vreug prentjie-mooi virus lyk heel fraai min het ons die omvang besef Corona het talle skielik kom afmaai gou het die tyding mense getref die wêreld soos […]
TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]
SLOTSOM (goud)
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas ‘n onweestaanbare vreemdeling wat in haar bed ontwaak dis háár mens – hy lyk bekend ruik soos kombuis en badkamer hy leef al lank hier met sy onbekende lyf in haar vervreemde spasies soms pas hy haar op soms jaag hy alles weg soms is sy óf […]
Verleentheid
Verleentheid vreemde ingeloop tot voet seer, toe geswik en geval. raad sonder rigting is laggend gegee vir nog ń seer val ?
malaeska
– in wilde wêrelde was daar weinig kans dat jagters ‘n vrou kon kry wêreld verwyder van mekaar het hul soms uit dié wat daar was ‘n maat gekies en mee saam geleef so was maeleska, die indiaanse vrou van die wit jagter gewees trotse afkoms in eie reg geskiedenis gemaak saam met haar man […]
flitse
. uit die blou bel hy haar vertel haar hoe groot invloed sy as verpleegster op sy lewe gehad het destyds toe hy met slang pik gelê het sulke grepe laat net mooi gedagtes veral as dit dertig jaar gelede gebeur het dit bring vreugde en vrede in haar eensame hart dowwe oë sien weer […]