Vier Seisoene
Ek sien jou in elke seisoen jou glimlag warm soos die somer straal jou ogies met liefde daarin en elke kuiltjie diep getooi wintertye bring ‘n vreemde jy terwyl die koue oor jou gelaat lees tog wonderbaarlike weet ons die liefde is daar yskoue bring vrede saggies mee herfs dae terwyl die wind elke kleur […]
Gasvlam samesyn
Woorde 794 “Jy weet, ek raak moeg vir mense.” “Hoekom, wat het hulle nou weer gedoen?” “Het jy die nuwe video gesien oor die DNA?” “Jip.” “Ek kan nie glo mense val vir dit nie.” My gedagtes is nie by die gesprek nie. Die kreatiewe werksboek moet klaar, maar ek haak vas by ‘n spesifieke […]
Rooiwyn saam met jou
Sy wortels delf diep in die grond waar son en wind kasty Sy vrug deur terroir gerond ; deur hout tot kuns gebrei Sy diep-rooi kurwes tooi die glas tot ‘n kelk van stille vuur Jou vingers hou sy glorie vas berei vir hierdie uur Jou neus takseer die harmonie wat sy misterie bring Jou […]
In die broosheid van my jare
Is dit ek wat so staar asof uit die vervloë met die weerlose wysheid wat skuil in my oë ? Wil die spieël teen die muur in gebaretaal praat as die swaartekrag rem aan my lakse gelaat ? Kan die statigheid steeds met die jonkheid flankeer as die jare wegkrimp in sy gryse verweer ? […]
Moenie huil nie
Moenie huil nie my kind want nou is ek vry van hierdie aardse bande en pyn maar glimlag eerder omdat ek gelewe het moenie huil nie my kind my lewe was elke liewe oomblik vol gevul met liefde, vriende en ’n geliefde se aanraking kosbare herinneringe wat my hart verbly moenie huil nie my kind […]
tiende maand (BRONS)
Pastiche van “OKTOBERMAAND” van C Louis Leipoldt (1880-1947) tiende maand jakarandas dans op maat van die wind geklee in purper pers en pruim jakarandas waai hulle arms fleurig fraai vrolik vry in volmaakte val Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! giggelgeel glimlag strale blink as hul die maanlig saans bekoor die hemel […]