specials
hou die advertensies dop waar is kos die goedkoopste vandag kos botter soveel môre is dit dalk meer hoe lank wag jy vir operasie is daar dalk ook ‘n special iewers nie maklik nie nê, daai dokter betaal nog aan sy porche op my duin is daar specials dinge wat slegs een keer gebeur wanneer […]
Boeke Waarheid
Ma het altyd en meskien nou nog… boeke met dik plastiek oor getrek. om die waarheid te beswaar of dalk daarteen te bewaar.
blerts
hangende plante fassineer my in potjies en hangers groei dit welig en swaai heen en weer tot die suid-ooster aankom dan breek dit los en blerts lê dit op die grond versprei hartseer maar baie waar hang jy uit in die lewe sonder anker of tou kan jy maklik vou en ook net maar ‘n […]
lentels
koue wintersdae gaan verby smoorvis en aartappels – tyd maar min wat lensie sop bied die koue in jou bene losmaak uitsuig van ‘n lekker sopbeen skaapvleis bredie en groente groen lentel of rooi so lekker so oud soos die berge vanself dikkerige sop met ‘n vleisie in skerp gemaak met swart peper en die […]
oop
donker lê die fynbos bedekte duine lae wolke sweef daaroor soos spoke koue suid-ooster waai vervaard oor tussen afgebroke wolke verf maan soms strepe helder geel oor duine waar kiewiete getrou hul nes oppas selfs ou horing uil vind minder rus muis en rot is ondergrond versteek baie skugter vir die koue nat weer uit […]
Die Mars- en Venus-ding 1
Ek het nou sommer van meet af besluit dat daar meer as een van hierdie storie gaan wees, díé dat ek nommer een bo-aan skrywe, want oor die man en vrou verskille sal daar so nimmer as te nooit genoeg gepraat kan raak nie! Kom ons begin by directions! Ons ry Johannesburg of Pretoria toe […]
daglelie
in jou wonderskone kelkies weerkaats daar die liefde skoon ongerepte wit en geel laggies wat uitstraal van plesier jou blanko skoonheid maak die lewe so mooi en rein elke stuifmeel-korrel perfek maak oop skoonheid elke sug van die wind wat saggies om jou draal die storie van perfeksie kortstondig vertel ©Teárlach
Lente
‘Dis heerlike lente, die winter’s verby’- die geboorte van nuwe horisonne skiet uit die donker aarde, met beloftes wat in die doudruppelsoene ontwaak. Sy trek blare aan met kleurryke hoop, soetwynrooi drup haar vingerpunte, lewelose blomme begin wakker skud onder die sool van haar voete. Die bytjies begin ‘n lied van hoop roer in die […]
soos gras (BRONS)
soos gras vanoggend is ek stil verslae vol heimwee my dikke poppie-hond lê hier neffens my voete my beker vol boeretroos stomend in my hand my orgideë kyk vir my waar ek stil sit en kyk oor groen gras en geel veldgrasse die trane maak spoortjies oor my wange ek sit en dink in die […]
VROUEMAAND – ‘n Gorrel vir ‘n Vrou
VROUEMAAND ‘n Gorrel vir ‘n Vrou (Brons) As kind kon ek nie wag om eendag ‘n vrou te wees nie, want ek wou tog my eie keuses maak, my eie uiteinde kies. Nou is dit daardie keuses wat mens tot allerhande ander goed lei. Deesdae vra ek myself – wat is vrouwees regtig? Dis nie […]