oop
donker lê die fynbos bedekte duine
lae wolke sweef daaroor soos spoke
koue suid-ooster waai vervaard oor
tussen afgebroke wolke verf maan
soms strepe helder geel oor duine
waar kiewiete getrou hul nes oppas
selfs ou horing uil vind minder rus
muis en rot is ondergrond versteek
baie skugter vir die koue nat weer
uit wit huisies trek rook kolomme
welriekende rooikrans kaggelvure
wat ‘n reuk eie aan die weskus het
die see brul aaneen en onstuimig
dae se sterk wind het dit opgerui
golwe baljaar op geel-wit strande
tussen alles sweef my siel nog rond
neem alles waar en bêre dit vir ewig
daar waar bewussyn nie gaan wees
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Vir my pragtig gewe dat ek die weer en emosie ook ervaar. Welriekende ń nuwe woord vir my dankie.