lentels
koue wintersdae gaan verby
smoorvis en aartappels – tyd
maar min wat lensie sop bied
die koue in jou bene losmaak
uitsuig van ‘n lekker sopbeen
skaapvleis bredie en groente
groen lentel of rooi so lekker
so oud soos die berge vanself
dikkerige sop met ‘n vleisie in
skerp gemaak met swart peper
en die lensies wat dit laat glip
niks beter as warm winter sop
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.