vriend
– jou blosende gelaat jou ewig vriendelike oë vermurwe elke kwade gedagte ons vriendskap is van bo gevind ewig soos die roering van die see elke gedagte wat in jou omgaan word ge-ewenaar in my siel saam is ons sterk, kragtig alleen wil ek nooit wees wanneer jy dink het ek reeds gedink – ©Teãrlach
Woensdag blues (goud)
hulle dra geskenke soos vergete oë- en ons dra ons lyke in die agterstate van woendae rond wat wag op vliegtuie vir gebede na bó ©Morné du Preez
insig
– sien ons die branders sien ons die stormwind wat waai sien ons die spierwit strande uitgestrek wat sien ons wanneer ons op ons voete staan minder as die krappies wat haastig kop in die sand steek wat heeltyd wegkruip vir die meeue se krysende geluid wat heeltyd vervaag en verdwyn in die nat strand […]
dae
– somer is verby herfs het verby gesleep winter kom droog aangewaai die see, branders en gety gaan aan met brom – ‘n leeftyd het verloop grootword het gekom en gegaan ouderdom steek sy slote en bulte uit die lewe het geen keer lewe vervang leef – ©Teãrlach Silwerklas
Paradigmas
Paradigmas Beespaadjies uitgetrap padkaarte in jou kop jy loop soos pa geloop het en sy pa se pa jy ken niks anders nie afdraaipaadjies is van die bose bewaar jou siel ongelowige Thomas dood bring jou by ‘n kruispad en die spore verdof jy bevraagteken en verken bedink die seerpaaie wonder oor Noag in die […]
onbekwaam – onwillig
– terwyl die bande brand bedwelmde massas jil van haat hoë rookwolke pikswart optrek rooi vlamme alles verteer sit een en maak skoon sy ou hout geblokte geweer – grillige hordes barbare gil dat spoeg in alle rigtings spat kunsmatig opgewerk in emosies wat massa histerie bou en wek tref klip iets teen die kop […]
dun rooi lyn
– eiegeregtigheid bou op gewetensbeswaardheid neem af die dun rooi lyn word oorgesteek daardie dun rooi lyn wat bebloed die grense aandui tussen wat sin maak en ewige verderf – tussen barbare leef dit selfs by hulle in dna versteen geplaas met onomkeerbare waarheid die verskil tussen reg en verkeerd al het hul geen woord […]