status quo
– vaal lê die see vanoggend van alle geweld ontsê branders keer strand toe in gemaklike trant – stil roer maandag-luggie byna geen geweld werkers keer terug werk toe onderdruk hul brom – ©Teãrlach
Torings
torings steek in elke dorp se hart daar is die met prestige ander met horlosies wat nie werk almal het vere huurders met mis in hul midde torings sein ou boodskappe ontvang nuwe antwoorde via hoë tegnologie ontvangers deur self aangestelde profete aan gelowige aanhangers torings staan sandsteen skurf gewigtig swaar as kern van eeue […]
gaan dan heen
– heen en weer sweef hulle van hierdie baai na daardie baai spierwit vlerke gespan in die wind telkens swiep hul neer om slak op te pik en dit weer hoog te laat val op die strand so is die lewe van ‘n seemeeu elke dag een van heen gaan van kant tot kant om […]
Ridderwording
Met die omhelsing by die ridderslag, was dit ‘n mooi dag met geen menasie op land nie want ons geloof geanker in God was op hoop dat alles goed sou afloop. © Zmj Kochk
spieël
– leke preek woorde uit hul gedagtes verwarrende lering wat mense laat twyfel hoe meer hul dit spreek hoe groter hul oortuiging dat hul nie verkeerd is nie – kwakke skryf pille voor vir goed gelowiges wat glo dit maak reg wat verkeerd is in hul hoe meer pille hul drink hoe meer moet hul […]
Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad wyd en luid smyt dit gulhartig oor almal uit vrolik in soorte uit omgeeboorde vir drooglê harte smagtend na liefdeswoorde saad sonder smet wat bou en red om diep te val in ontvanklike hartsbed strooi die saad wyd en luid sodat blomme weer gul daaruit kan voortspruit ©Driekie Grobler